’n Vergelykende ondersoek na die Afrikaans- en Zulu-vertalings van “South Africa’s Suspended Revolution: Hopes and Prospects” deur Adam Habib

Keywords: translation, zero equivalence, translation strategies, paraphrasing, standardized language, readability

Abstract

In 2013 Adam Habib published South Africa’s Suspended Revolution: Hopes and Prospects. Habib approached the Wits Language School and asked for the translation of a condensed version of the book into Zulu, Northern Sotho and Afrikaans. The translation brief requested that the translations should be very close to the original in as far as the use of terminology was concerned to ensure that the orrignal argument remains shrewd and convincing. The language was to be as plain possible, and the title catchy. In this article the Zulu and Afrikaans translations are compared and it is shown how the two translation teams, due to differences in their respective target audiences, but primarily due to the differences in the possibilities and limitations of the languages into which they translated, made use of differerent translation strategies resulting in the final products differing from each other substantially. As a result of zero equivalence, the Zulu translators often had to make use of translation strategies such a paraphrase and explitation which resulted in a more accessable text as what was the case with the Afrikaanse text. The Afrikaans team was not confronted with zero-equivalence. However, the use of standardised terms made the text less accessable and the Fog Index rating of the final text is 14,2. In terms of the translation brief, the Afrikaans text probably did not succeed in its goal.Opsomming In 2013 verskyn South Africa’s Suspended Revolution: Hopes and Prospects deur Adam Habib. Habib het die Wits Language School genader en gevra dat ’n verkorte weergawe van die boek in Zulu, Noord-Sotho en Afrikaans vertaal word. Die vertaalopdrag het gevra dat die vertalings baie na aan die oorspronklike moes wees wat betref terminologie sodat die oorspronklike argument skerpsinnig en oortuigend bly. Die taalgebruik moes so eenvoudig moontlik wees en die titel, prikkelend. In hierdie artikel word die Zulu- en Afrikaanse vertaling met mekaar vergelyk en word daar aangetoon hoe die twee vertaalspanne, weens verskille in teikengehore, maar veral weens verskille in die moontlikhede en beperkings van die tale waarin hulle vertaal, hulle tot verskillende vertaalstrategieë gewend het sodat elke finale produk wesenlik van die ander een verskil. As gevolg van die voorkoms van zero-ekwivalensie moes die Zulu-vertalers dikwels gebruik maak van vertaalstrategieë soos parafrasering en eksplitering wat gelei het tot ’n toegankliker teks as wat die geval met die Afrikaanse teks was. Die Afrikaanse vertaalspan is bykans glad nie met zero-ekwivalense gekonfronteer nie. Die gebruik van gestandaardiseerde terme het egter die toeganklikheid van die teks verlaag sodat die Misindeks van die finale produk 14,2 meet. In terme van die vertaalopdrag het die Afrikaanse teks dus waarskynlik nie in sy doel geslaag nie.
Published
2021-06-18
How to Cite
Pienaar, M. (2021). ’n Vergelykende ondersoek na die Afrikaans- en Zulu-vertalings van “South Africa’s Suspended Revolution: Hopes and Prospects” deur Adam Habib. Stellenbosch Papers in Linguistics Plus, 61, 17-32. https://doi.org/10.5842/61-0-914