Die naslaanpotensiaal van potensiële lemmakandidate vir ʼn monofunksionele beknopte Nederlands-Afrikaans-woordeboek

  • Herman Beyer Department of Language and Literature Studies University of Namibia

Abstract

Die beplanning van ʼn monofunksionele, beknopte Nederlands-Afrikaans-woordeboek in die gedrukte medium plaas welbekende tradisionele beperkinge op die leksikograaf, waarvan die vernaamste dié op ruimte is. Gegee die konteks, teikengebruiker, gebruikersituasie en funksie van die woordeboek moet die leksikograaf deeglik besin oor die toepaslike lemmatiseringsbeleid. In hierdie artikel word verslag gedoen van ʼn empiriese metode wat korpusondersoek kan komplementeer om ʼn optimaal funksionele lemmalys vir die onderhawige tipe woordeboek saam te stel. Deur middel van die simulasie van die tipiese gebruikersituasie van die beplande woordeboek word die naslaanpotensiaal van verskillende kategorieë lemmakandidate kwantitatief vasgestel. Sodanige vasstelling lei tot die bepaling van die lemmatiseringsprioriteit van elke kategorie lemmakandidate, wat uiteindelik funksionele lemmatisering en suksesvolle woordeboekgebruik tot gevolg het.
Published
2015-09-08
How to Cite
Beyer, H. (2015). Die naslaanpotensiaal van potensiële lemmakandidate vir ʼn monofunksionele beknopte Nederlands-Afrikaans-woordeboek. Stellenbosch Papers in Linguistics Plus, 47, 19-33. https://doi.org/10.5842/47-0-655