Die gebruik van Afrikaanse modale partikels deur voormalige Khoisprekers

  • Jac Conradie University of Johannesburg

Abstract

Die doel van die ondersoek is om te bepaal watter bydrae sprekers of voormalige sprekers van Khoi wat Afrikaans as taal aangeneem het tot die ontwikkeling of gebruik van modale partikels in Afrikaans gelewer het. Bronne wat vir hierdie doel ondersoek is, sluit in aangehaalde uitsprake van Khoi-Khoin uit die laat 17de en vroeg-18de eeu, twee briewe van Khoi-Khoin, ’n onderhoud met ’n Khoi-Khoi soos vryelik weergegee deur C.E. Boniface, koerantbriewe deur persone wat hulle as Khoi-Khoin voorgedoen het, ’n kort drama, die novelle Benigna van Groenekloof of Mamre en ander geskrifte met ’n Genadendal-agtergrond, ’n uittreksel uit die dagboek van Hendrik Witbooi, transkripsies van onderhoude wat in die 1980s met Griekwas gevoer is en enkele onderhoude wat in Namakwaland gevoer is. As kontrolekorpus is transkripsies van spontane gesprekke gebruik wat ook in die 1980s in Johannesburg opgeneem is en die standaardtaal verteenwoordig, asook Adam Small se drama Kanna hy ko’ hystoe om die variëteit Kaapse Afrikaans te verteenwoordig.
Published
2015-02-11
How to Cite
Conradie, J. (2015). Die gebruik van Afrikaanse modale partikels deur voormalige Khoisprekers. Stellenbosch Papers in Linguistics Plus, 47, 35-57. https://doi.org/10.5842/47-0-651