Die taak van akademiese geletterdheid/hede binne die konteks van ’n markgedrewe universiteit

  • Elsa Meihuizen Noordwes-Universiteit
Keywords: Akademiese Geletterdheid, universiteit, markgerigtheid, sosiale diskoerse, Academic literacy, university, marketisation, social discourse

Abstract

Die vestiging van Akademiese Geletterdheid by tersiêre instansies in Suid-Afrika het gegroei uit die besef dat ’n goedontwikkelde akademiese taalvermoë essensieel is vir akademiese prestasie. Gepubliseerde literatuur getuig van die belangrike verskuiwings wat oor die afgelope aantal dekades plaasgevind het in sowel die konsepsie as praktiese toepassing van intervensies vir die vestiging en/of ontwikkeling van hierdie essensiële vermoëns by ons studente. Hierdie tipe verskuiwings getuig van ’n gesonde dinamiek en is noodsaaklike groeipyne by ’n ontluikende akademiese dissipline. Hierdie referaat handel oor een van die veranderlikes wat verreken moet word in die vraag na die taak van Akademiese Geletterdheid, naamlik dié van kontemporêre verskuiwings in die aard van die universiteit as instansie. Daar word aangevoer dat die mees grondliggende van hierdie verskuiwings saamhang met ’n globale tendens wat neerkom op die algemene uitbreiding van ’n besigheids- of markgerigtheid as vertrekpunt en maatstaf vir alle areas van die sosiale lewe, insluitende openbare instansies soos universiteite. So ’n markgerigtheid gaan in die hedendaagse korporatiewe universiteit ook hand aan hand met toenemende burokratisering met ’n aandrang op die monitering, optekening, evaluering en verrekening van akademiese aktiwiteite as “uitsette”. Ten einde ons eie ervaring van die institusionele karakter van die hedendaagse universiteit in perspektief te stel, word daar gekyk na aspekte van die geskiedkundige ontwikkeling van die universiteit as instansie en na ouer sowel as meer onlangse sienings van kritici in die breër internasionale arena. Die ontwikkeling van ’n kritiese bewussyn van hierdie tipe verskuiwings en die sosiale kragte wat dit onderlê en van die vermoë om ’n eie standpunt hieroor te verwoord word gesien as deel van die taak van Akademiese Geletterdheid, of eerder “Akademiese Geletterdhede” soos gekonsipieer in die werk van teoretici soos Brian Street en die New London Group. Ek wil ’n saak daarvoor uitmaak dat hierdie vakgebied die potensiaal én verantwoordelikheid het om ’n sentrale rol te speel binne die “nuwe” universiteit om ons studente voor te berei vir die “nuwe” wêreld waarheen ons hulle op weg moet help.The establishment of Academic Literacy at tertiary institutions in South Africa is rooted in the realisation that a properly developed competency in academic language is a prerequisite for academic achievement. Published literature of the last few decades bears witness to the important shifts in the nature of interventions aimed at equipping our students with these essential competencies. Shifts like these mark a healthy, dynamic process of development in what can still be considered as an emerging academic discipline. In this paper I focus on one of the variables which should be taken into account in formulating the task of Academic Literacy, namely contemporary changes in the nature of the university as an institution. It is argued that the most fundamental of these changes concerns the global trend of marketisation of all areas of social life, including public institutions such as universities. Characteristic of the corporate university is an insistence on bureaucratic processes for documenting, monitoring, evaluating and measuring academic activities and “outputs”. In order to provide a proper perspective on our own experience of the contemporary university, I consider aspects of the historical development of the university as an institution as well as views of international critics. The development of a critical consciousness of social changes and the forces underlying them, as well as the ability to formulate personal views in this regard, are seen as integral to the task of Academic literacy, or rather “Academic Literacies”, by critics such as Brian Street and the New London Group. I would like to argue that this discipline has the potential and, indeed, the responsibility to play a central role within the “new” university in preparing our students for entering into a “new” world.  
Published
2014-01-31
How to Cite
Meihuizen, E. (2014). Die taak van akademiese geletterdheid/hede binne die konteks van ’n markgedrewe universiteit. Stellenbosch Papers in Linguistics Plus, 42, 149-164. https://doi.org/10.5842/42-0-148